Jim Al-Khalili

Jim Al-Khalili
Jim Al-Khalili in Londen, Julie 2018
Gebore
Jameel Sadik Al-Khalili

20 September 1962 (1962-09-20)
Baghdad, Irakse Republiek (1958–68)
NasionaliteitGroot-Brittanje

Jameel Sadik "Jim" Al-Khalili (Arabies: جيم الخليلي) (gebore op 20 September 1962) is 'n Britse teoretiese fisikus, skrywer en uitsaaier. Hy is professor van teoretiese fisika aan die Universiteit van Surrey. Hy is 'n gereelde uitsaaier en aanbieder van wetenskaplike programme op BBC radio en televisie en lewer dikwels kommentaar oor wetenskaplike aangeleenthede in ander Britse media.

In 2014 is Al-Khalili benoem as 'n RISE ("Recognising Inspirational Scientists and Engineers") leier deur die VK se "Engineering and Physical Sciences Research Council".[1] Hy was tussen Januarie 2013 en Januarie 2016 president van die British Humanist Association.[2][3]

  1. "RISE Awards Announced". EPSRC. 31 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2014. Besoek op 8 April 2014.
  2. "Jim Al-Khalili named President-elect of British Humanist Association". British Humanist Association. 14 Desember 2012. Besoek op 2 November 2013.
  3. Lesing op Alan Turing van die Universiteit van Edinburgh se YouTube kanaal. Geplaas op 4 Junie 2012. Besoek op 28 April 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search